|
|
|
Feite oor Yorkshire Terriers |
Die Yorkshire terrier het sy verskyning gemaak
op 'n bankskou in Engeland in 1861 as 'n "broken haired Scotch
Terrier".
Meer as 47 000 is in 2005 in die VSA registreer. Die gemiddelde
gewig van 'n Yorkie behoort tussen 2,0 and 3,2kg te wees. Let wel:
Die ekstra klein hondjies (minder as 1.2kg), is uiters vatbaar vir
oorerflike en nie-oorerflike gesondheidsprobleme, wat groot veearts
rekeninge en baie trane kan veroorsaak!
Die Yorkie is 'n klein hond met 'n groot houding! Een oomblik sal
hulle snoesig op jou skoot l en die volgende sal hulle agter die
buurman se Rottweiler aan storm, vasberade om te wys wie's baas!
Hulle is tog terriers en sal dapper hul gebied beskerm!
Hou asseblief 'n oog naby klein kinders. Kinders moet verstaan dat
die fyn beenstruktuur van die hondjies baie makliker kan breek as
meeste speelgoed. Tog - Yorkies bly wonderlike geselskap vir beide
grootmense en ouer kinders!!
Onthou:
|
|
|
Moet nooit druk op jou teler plaas of
aandring om jou hondjie te kry voor dit ten minste agt weke oud
is nie! Hul ouers het steeds 'n groot rol om te speel in die
opleiding van die kleintjies, veral tydens die laaste weke
(8-10).
Wees versigtig om nie jou Yorkie in die kar te los nie. Hulle is
sensitief vir temperatuur. Hulle het baie lae haar-digtheid waar
slegs een haar per haarfollikel groei met geen pels onder dit
nie - anders as meeste honde. Omrede daar so 'n groot ooreenkoms
is met mens hare, kan mense wat gewoonlik allergies is vir honde
meestal Yorkies goed verdra!
Vir verdere gesondheidsinligting, kyk asb. na die volgende
bladsye. |
 |
|
|
  |
|
TUIS
| BREEDING | PHYSICAL CHARACTERISTICS |
NORTH AMERICA |
GROOMING |
CHOOSING A PUPPY |
TOXIC FOODS |YORKIES TODAY |
YORKIES GENETICS |KONTAK | |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
COPYRIGHT ADSSA 2007
Advertise on the Internet |
|
|
|